Elke item word met BoerePoppie-liefde uitgesoek en dan met sorg gedruk of borduur, met hope aandag en’n tikkie gesindheid en ‘n knippie blomstof. Jou bestelling word spesiaal vir jóú gemaak
**Die gare en ink wat gebruik word, word aangepas volgens die item wat bestel is.
Illustrasies dien slegs as voorbeeld en indikasie van waar en hoe die handelsmerk gewoonlik geplaas word. Om jou eie naam op enige geborduurde produkte by te voeg sal ‘n addisionele koste beloop per item (Minimum koste: R150)
Borduurwerk Blom : 42 x 50mm BoerePoppie : 100 x 28mm
Versending Verwerkingstyd : 7 Werksdae
Aflewering : Aflewering duur gewoonlik 2 tot 3 werksdae in stedelike gebiede en bietjie langer vir landelike of afgelee gebiede
BoerePoppie produkte word aan jou gebring met liefde, laggies en ’n egte Suid-Afrikaanse siel
Elke produk is uniek en ons wil graag he jy moet verlief raak op die produkte en hope genot daaruit put, maak asb dubbeld seker van jou bestelling en mates want unieke produkte kan nie altyd vervang of omgeruil word nie
Terugsendings, Terugbetalings & Uitruilings
Klere Grootte en Snit
Terugsendings of uitruilings word binne 14 dae van aankoop aanvaar indien moontlik. Items moet ongebruik en ongedra wees, in die oorspronklike verpakking, met bewys van aankoop Vir terugsendings of uitruilings, e-pos asseblief verkope@BoerePoppie.com met jou volledige besonderhede en redes Let ASB! Alle versendingskoste is vir die klient se rekening, behalwe waar ons nalatig was
Swemklere & Bykomstighede
As gevolg van persoonlike higiene en standaarde is alle verkope finaal Let ASB! Geen terugsendings | Geen uitruilings | Geen terugbetalings
Promosie & Afslag Items
Alle uitverkoping, promosie of afslag-aankope is finaal Let ASB! Geen terugsendings | Geen uitruilings | Geen terugbetalings
Terugsendings kan gestuur word na: BoerePoppie BlomKring (Pty) Ltd, 66 Catherine Straat, Fontainebleau, Randburg, 2094
Indien ‘n produk teruggestuur of uitgeruil word, en daar ‘n prysverskil is, sal versendingkoste eers afgetrek word voor enige verskil in die vorm van BoerePoppie geskenkbewys aan jou gestuur word
As jy ’n item terugstuur, beveel ons aan dat jy ’n naspoorbare en betroubare versendingsdiens gebruik of versendingsversekering koop. Ons kan ongelukkig nie verantwoordelikheid vir teruggestuurde items aanvaar alvorens dit ons bereik nie
Kontak ons gerus vir hulp – ons help graag waar moontlik!
Ons respekteer almal nasionale vakansiedae – want selfs ’n BoerePoppie moet soms haar voete rus!
Reviews
There are no reviews yet.