0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    Scroll to Top

    Hoe ons dinge doen – die Boerepoppie-Manier

    Die BoerePoppie-Manier

    Elke item word met BoerePoppie-liefde uitgesoek en dan met sorg gedruk of borduur, met hope aandag en’n tikkie gesindheid en ‘n knippie blomstof.  Jou bestelling word spesiaal vir jóú gemaak

    **Die gare en ink wat gebruik word, word aangepas volgens die item wat bestel is.    

    Illustrasies dien slegs as voorbeeld en indikasie van waar en hoe die handelsmerk gewoonlik geplaas word.  Om jou eie naam op enige geborduurde produkte by te voeg sal ‘n addisionele koste beloop per item  (Minimum koste:  R150)


    Borduurwerk
    Blom                                     :     42 x 50mm
    BoerePoppie                    :   100 x 28mm

    Versending
    Verwerkingstyd             :
      7 Werksdae

    Aflewering                        :   Aflewering duur gewoonlik 2 tot 3 werksdae in stedelike gebiede en                                            bietjie langer vir landelike of afgelee gebiede

    BoerePoppie produkte word aan jou gebring met liefde, laggies en ’n egte Suid-Afrikaanse siel

    Elke produk is uniek en ons wil graag he jy moet verlief raak op die produkte en hope genot daaruit put, maak asb dubbeld seker van jou bestelling en mates want unieke produkte kan nie altyd vervang of omgeruil word nie

    Terugsendings, Terugbetalings & Uitruilings

    Klere Grootte en Snit

    Terugsendings of uitruilings word binne 14 dae van aankoop aanvaar indien moontlik.
    Items moet ongebruik en ongedra wees, in die oorspronklike verpakking, met bewys van aankoop
    Vir terugsendings of uitruilings, e-pos asseblief verkope@boerepoppie.com met jou volledige besonderhede en redes
    Let ASB!  Alle versendingskoste is vir die klient se rekening, behalwe waar ons nalatig was

    Swemklere & Bykomstighede

    As gevolg van persoonlike higiene en standaarde is alle verkope finaal
    Let ASB!   Geen terugsendings | Geen uitruilings | Geen terugbetalings

     Promosie & Afslag Items

    Alle uitverkoping, promosie of afslag-aankope is finaal
    Let ASB!   Geen terugsendings | Geen uitruilings | Geen terugbetalings

    Terugsendings kan gestuur word na:  BoerePoppie BlomKring (Pty) Ltd, 66 Catherine Straat, Fontainebleau, Randburg, 2094

    Indien ‘n produk teruggestuur of uitgeruil word, en daar ‘n prysverskil is, sal versendingkoste eers afgetrek word voor enige verskil in die vorm van BoerePoppie geskenkbewys aan jou gestuur word

    As jy ’n item terugstuur, beveel ons aan dat jy ’n naspoorbare en betroubare versendingsdiens gebruik of versendingsversekering koop. Ons kan ongelukkig nie verantwoordelikheid vir teruggestuurde items aanvaar alvorens dit ons bereik nie

    Kontak ons gerus vir hulp – ons help graag waar moontlik!

    Ons respekteer almal nasionale vakansiedae – want selfs ’n BoerePoppie moet soms haar voete rus!